Hells Angels

Die ingang van die Hells Angels se klubhuis in New York in die VSA.

Die Hells Angels Motorcycle Club (HAMC) is 'n wêreldwye motorfietsklub wie se lede tipies met Harley-Davidson-motorfietse ry. In die Verenigde State en Kanada word die Hells Angels geïnkorporeer as die Hells Angels Motorcycle Corporation. Algemene byname vir die klub is die "H.A.", "Red & White", "HAMC" en "81"[1] Die Hells Angels het 'n ledetal tussen 3 000 en 3 600[2] en 467 afdelings in 59 lande insluitende Suid-Afrika. Die HAMC is een van die grootste motorfietsklubs ter wêreld.[3]

Baie polisie en internasionale intelligensie-agentskappe, insluitend die Amerikaanse departement van justisie en Europol, beskou die klub as 'n georganiseerde misdaadsindikaat.[4][5][6][7][8]

  1. "81" is 'n metoniem. Aangesien 'H' en 'A' die 8ste en 1ste letter van die alfabet is.
  2. Gangs and Organized Crime George W. Knox, Gregg Etter and Carter F. Smith (2018)
  3. Miller, Michael E. (16 Mei 2015). "How the Bandidos became one of the world's most feared biker gangs". Washington Post (in Engels (VSA)). ISSN 0190-8286. Besoek op 15 Oktober 2022.
  4. "Motorcycle gang". U.S. Department of Justice. Geargiveer vanaf die oorspronklike op April 15, 2014. Besoek op Januarie 23, 2010.
  5. Lockyer, Bill (2003). "ORGANIZED CRIME IN CALIFORNIA" (PDF). CALIFORNIA DEPARTMENT OF JUSTICE. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 Januarie 2010. Besoek op 23 Januarie 2010.
  6. "ORGANIZED CRIME IN OREGON" (PDF). Oregon State Department of Justice. September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op Julie 21, 2011. Besoek op Januarie 23, 2010.
  7. "ASIAN ORGANIZED CRIME AND TERRORIST ACTIVITY IN CANADA, 1999–2002" (PDF). Federal Research Division. Library of Congress. Julie 2003. Besoek op 23 Januarie 2010.
  8. "Major international operation against Hells Angels". Europol (in Engels). 24 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2022. Besoek op 15 Oktober 2022.

Developed by StudentB